Spesiale Aanbod!
Koop gras ter waarde van R5000 en kry R1000 se gras gratis. Ons lewer landwyd.
Maak voorsiening vir die volgende winter - plant die beste immergroen voer vir jou diere! Ja, dit ryp nie dood nie, geen blousuur, hoë proteïne, permanente meerjarige gras.

wat is Russiese Gras?

Die storie van Russiese Gras het begin toe Mr Torr van die plaas Bultfontuyn in die Middelburg distrik 'n paar polle gras gegee is deur sy vriend, Thomas Marais, wat n boer was in die Hofmeyr area
Volgens Mr Marais, was russiese gras gebring na Suid Afrika deur 'n Dr Le Riche wat die Russiese steppe besoek het in die 1930's. Daar het hy die gras gesien en die Russe gevra of dit moontlik sal wees om van die saade of plante te kry. Dit was buite die kwessie. Gelukkig was hy saam 'n groep Suid Afrikaners in die veld. Hy het toe vir hulle gese: "Kyk, ons het die gras nodig. Ek gaan steel en julle gaan wegsteek." En op die manier was die gras oorgedra na Suid Afrika. Thomas Marais was famielie van Dr Le Riche en deur hom het hy van die gras gekry.
Mr Torr het die gras op sy plaas, Beaconsfield in die Hofmeyr distrik geplant. Die eerste ding wat hy opgemerk het oor die gras is dat dit baie welig, vinnig groeiende en ryp bestand was.